Bly en dankbaar
Verbly jou in die vroegdag uur
Bring hulde aan jou Vader God,
En Hy sal deur die dag se duur
Jou lei; oor jou beskik die lot;
Jou siel benat met seëndou;
Jou gees verkwik met sonnestraal,
En in omhelsing teer jou vou,
Jou wyding tot Sy eer verhaal.
Verbly jou in die voorjaar-swel
Wanneer die lente drag uitbot
En soos uit diepte vreug opswel,
Bring ere aan jou Skepper God.
Hy is die Alfa, die begin
Van lewe, en van altyd af
Is Hy die groot Ek Is, gewin,
Geskep het vorm uit die draf.
Verbly jou in die lomer dag,
Oorseil die son die bloue boog.
Verhef jou siel die middeldag
Met eerbetoon aan God omhoog.
Verbly jou in die somertyd,
As Hy dan vrug op wasdom gee
Vir jou getrou arbeidsaamheid
Wat jy het in Sy diens bestee.
Wees dankbaar wanneer najaarsverf
Die blare en die veld verkleur,
Die Boodskap bring van winterderf,
En wegys alle blommegeur.
Wees dankbaar as die awend daal
En jy jou ruste in moet gaan.
Wees dankbaar as jou Heer jou haal
Om saam te gaan op hemelbaan.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 18 Desember 1980