Reddingshoop
Ingekerker vasgevang
        deur die liste van die slang.
Vasgeboei met sondeband
        vasgewikkel voet en hand.
In sy gees die moedloosheid
        wanhoop oor verlore stryd.
Aangekla voor Hemelheer
        skuldig en met geen verweer.
Ingebore sondestryd
        oorgeërf van Adamstyd,
Bly in hom die sondedrang
        tog so bitter en so wrang.
Nogtans is daar hoop vir hom;
        redding het na hom gekom
Eens vir altyd uitgedra
        deur die bloed van Golgota
Is die sondeskuld betaal
        en die mens tot God verhaal.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg 13 November 1986