Drome
          Selfs in ons drome en in ons slaap besoek die soete
Heilige Gees ons. So was dit ook dat ek een môre in die
vroeë ure net voor ek wakker geword het, bewus geword het
van 'n melodie, 'n refrein wat oor en oor gesing word,
asof elke lyn of reël sy eie bekoring het.
          Toe ek wakker word, het die woorde en die wysie my
bygebly en alhoewel dit bekend voorgekom het, was dit tog
vreemd. Die reëltjies het nie reg opmekaar gevolg nie,
en so het hulle een vir een in my hulleself herhaal.
          Meteens het hulle in die regte orde ingepas en het ek
'n pen en papier geneem en dit neergeskryf.
          Dit was bekend dat dit 'n koortjie is wat ons in
Engels sing, en vreemd omdat die hemelse stemme dit in
my eie taal gesing het, en in die omset daarvan, het dit
'n gebed geword:
          Heer maak u weg dan ook my weg
          in die lewe hier benee,
          want daar is geen ander omweg
          wat God’s kinders mag betree.
          Al is die pad ook swaar en steil,
          As U lei is dit my heil.
          Heer maak U weg dan ook my weg.
          Elke tree!