Ester
Die koning steek sy septer uit
en sy kon binnegaan;
Alvoor hy nie die teken gee
kon niemand naderstaan.
So was die wed van Meed en Pers
en geneen kan dit keer,
Dit was 'n onherroeplik wet,
wat almal moes vereer.
Sy, skoonste vrou van heel die land
en ook 'n koningin,
Moes wag dat hy wie koning is
sy wil en wens besin.
Maar sy moes om haar volk ontwil
van hom genade vra;
En wel het sy, sy hart gewen,
en vir haar sê hy ja
Die helfte van sy koninkryk,
was hy bereid te gee;
Maar sy wou nie sy rykdom hê,
maar net sy guns haar bee
En so het sy haar God se volk
van uitwissing gered.
Dit was nie om haar skoonheid nie,
maar antwoord op gebed.
Haar naam sal tot in ewigheid
geroem word vir haar moed;
Wat sy gedoen het vir haar volk
en nie vir aardse goed!
Maar eers het sy met vas en bid
God’s aangesig gesoek.
En so is ingestel, die fees
van Ester in die Boek.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 7 Mei 1981