Emmanuel!
Die Here bly by my elk’ uur elk’ dag
Hy behoed bewaar my in die donker nag
Hy verkwik en sterk my siel nog keer op keer
En vertel my ek’s Sy kind en Hy’s my Heer.
Die Here bly by my in krisistyd
Maak my ook deelagtig aan Sy Heiligheid
En is Hy die een wat altoos by my bly
En my dan van twyfeldenke ook bevry.
Die Here bly by my selfs as ek vrees
Want dis Hy wie uit die dode het verrees
En in my gees kom woon het my te sterk
Hy’s die Trooster-God wat so my heil verwerk
Die Here bly by my nog steeds elk uur
En Hy bly by my deur elke twyfelsduur
So verbly Hy my net deur Sy Goeie Gees
Neem van my ook weg die donker onrus vrees.
Die Here bly by my gedurigdeur
Ja selfs deur die jeugdig jare van my fleur
Tot ook in die grysheid van die ouderdom
Tyd verby is wanneer eens die einde kom
Die Here bly by my deur doodsjordaan
Hy’s my leidsman herder op my lewensbaan
Hom wil ek my leed, my vreug en dank vertel
Hy’s die God wie by my bly: Emmanuel!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 11 Januarie 1987