Verlange
Ek verlang na jou my Liefste
Net om naby jou te wees
Net aan te voel jy is naby
Jou teenwoordigheid en gees
In die kennis van ons saamwees
Aan te voel jy is by my
En die aura van jouselwe
Om my weef en teen my vly.
              Ek verlang na jou Beminde
              Net om altyd jou te sien
              Te betrag met liefde oë
              In aanskouing jou te dien
              Dat jy seker weet vir altyd
              Ek jou ewig wil bemin
              Met 'n diepe ware hartstog
              Wat die diepste kloof oorwin.
Ek verlang na jou my Skattie
Om jou stem weer eens te hoor
Om te luister na jou prate
Na jou stem wat my bekoor
En ek hoor jy sê jy min my
Met 'n egte diep gevoel
En my hart se snare aanraak
Tot emosies in my woel.
              Ek verlang na jou Geliefde
              Om te weet jy min ook my
              In die kennis dat jy immer
              Sal behore net aan my
              Om te weet dat ek my lewe
              Net aan jou kan toevertrou
              In bewustheid van ons saamsyn
              Bly ons steeds mekaar getrou.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 16 Oktober 1988