Smarte
Soete woordjies sag gefluister
In die maanlig skemerduister;
Net gedagtes aan elkander;
Mag die lewe nooit verander.
Maar dit het ag, wee sulk smarte
Wat gebreek ons vrye harte;
Harte vol van vreug en lewe
Moet hul diep in smart begewe.
Harte wat gelug verwag het,
En na vreugde so gesmag het –
Liefdevolle reine harte
Word verskeur deur diepe smarte.
Harte wat die smart nie ken nie,
Ag dat leed hul nooit oorwen nie!
Harte vol van vreugdelewe
Moet nou ook in smarte lewe.
Droewig is die smartvol lewe –
Maar bereikbaar is hul strewe,
Want geluk kan hul wel vinde
En die vreugdeband self binde.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 28 Desember 1940