Vrygekoop
Ingekerker, vasgevang
Deur die liste van die slang
Vasgeboei met sondeband
Vasgewikkel voet en hand
In sy gees die moedloosheid
Wanhoop oor verlore stryd.
Aangekla voor Hemelheer
Skuldig en met geen verweer
Ingebore sondestryd
Oorgeërf van Adamstyd
Bly in hom die sondedrang
Tog so bitter en so wrang.
Nogtans is daar hoop vir hom
Redding het na hom gekom
Eens vir altyd uitgedra
Deur die bloed van Golgota
Is die sonde skuld betaal
En die mens tot God verhaal.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 5 Junie 1985