Groei
Berge, dale, sonnestrale,
Smarte, liefde en verrukking,
Liefde, eind loos sonder pale,
Sonder perke, vreug, verrukking.
Vreugde en geluk so heerlik
Alles myne vir die hede,
Al wat mooi is so begeerlik;
Vir die toekoms en die hede.
Liefde en geluk bo smarte,
Vreugde soos die sonnestrale,
Skyn so warm in ons harte,
Soos dit skyn in groene dale.
Lewe vol van toekomsdrome
Sag gebore uit die hede
Groei die saadjies groot tot bome
Ideaal uit soet verlede.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 17 Oktober 1941