Lentedrome
Ek droom van lente vreug,
Die blye somer jeug,
Want lente in my lewe
Is my die hoogste strewe.
Ont wakend bloei dit bly
Tot liefde ook in my.
Hoe pragtig lente kleure
Met heerlik soete geure,
Dit wek in my die dormer
Van skoonheid en van somer,
Waaruit daar vreugde groei
En liefde bloeisels bloei.
O Lente --- jeug vir my ---
So skoon en o so bly,
Bring waarheid aan my drome,
En dek nou groen die bome
Met blyheid en met vreug,
O, Lente, blye jeug!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 17 September 1940