Sluimerlewe
Die silwermaanlig – strale kou
Verdof die sterreliggies flou,
So sonder gloed, maar koud en kil,
So sonder lewe, doods en stil,
Maar met die tob van lewe sag
Wat sluimer in die duister nag,
Om as die lig van dag weer breek
Met volle kragte deur te breek.
Die sluimer in die donker nag
Sal immer wag op helder dag,
Al is die maanlig sonder gloed,
Soos van die warme sonnegloed
Al flikker sterreliggies flou;
Die balsem vloei uit soete dou,
Die bloesend lewe kom na nag;
Na nag se duister kom die dag.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 20 Mei 1941