Hierdie webblad is ontwerp in herinnering aan my oupa, Joffie Janse van Rensburg,
om sy verse met die wêreld te deel.
November 2008 het ek vir die eerste keer gehoor dat my oupa 'n geestelike versebundel vir die kerk
saamgestel het om fondse in te samel.
Hy het vir elk van sy 5 kinders hul eie boekie gegee
wat hy self op die binneblad geteken het 1986-12-13.
Ek was geweldig opgewonde en kon nie wag om my hande op die boekie te lê en begin lees nie.
Die Here het Sy boodskap op my hart gelê om werk te maak van my oupa se gedigte en dit met die wêreld te deel.
Ek het in 'n japtrap met al die familielede in kontak getree deur my ma en almal
gevra om sy gedigte aan haar te stuur. Dit het nie daar gestop nie...
Een Sondagmiddag toe ons almal om die vuur sit en kuier; hoor my ouboet wat ek besig is om te doen.
Net daar en dan vertel hy ons iets wat niemand geweet het nie.
Oupa het spesiaal van Mosselbaai na George gery om iemand te sien om sy geestelike verseboekie te publiseer.
Niemand het dit geweet nie en dus het niks daarvan gekom nie.
Deur die Here se leiding het ek te werk gegaan en my oupa se geestelike verseboekie laat publiseer en
sy eie webblad ontwerp ter herinnering van die wonderlike digter wat hy was.
'n Vader se brief aan sy dogter