Vandag
Vandag is die tyd van die hede
En stel jou in alles tevrede
Die tyd van die nou
Waarop jy moet bou
Die toekoms wat voorlê
Vandag is wat oorlê
Vandag is jou dag gryp dit aan
Geniet elke uur soos dit gaan.
        Vandag is nie gister verlede
        Nie vasgelê reeds in die rede
        Herinnerings pag
        Moet kon vir vandag
        Vandag moet jy lewe
        Die goeie nastrewe
        Vandag is aan jou tyd gegee
        Die vraag is hoe jy dit bestee.
Vandag is nie toekoms se sôre
Die dag wat nog kom, dit is môre,
Maar hede vandag
As tyd jou toelag
Elk oomblik vervlied
Verdwyn in verlede
Benut elk minuut van vandag
En bou dan die toekoms in pag.
        Vandag is vandag, so beskore
        Aan jou sal dit immer behore
        Die nou is van jou
        Dit huidig te hou
        Teenswoordige tye
        Geen uitstel te krye
        Verloor jy dan ewig vandag
        Gevolg deur die duistere nag.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 19 September 1987