Droombeminde
Waar sag die stroompies stadig vloei,
En op sy walle lelies groei;
Daar lê ‘n nooientjie soet en droom
In koele skadu van ‘n boom.
En oor die bruggie wat daar staan
Kom een met liefde onvoldaan.
Hy sien die droombeeld daar ontvou –
Mag hy so nietig dit aanskou?
Of is dit dalk geen vae droom
Wat hy aanskou daar by die stroom?
O nee! Dit is te skoon en klaar:
Die nooientjie in die skadu daar
Sy het gedroom dat hy sou kom –
En kyk: daar is haar bruidegom!
En hy weer vind ‘n vreugde bly,
En dink: Dis sy so mooi en vry.
Hy sal haar ewig kan aanbid:
Sy is so mooi so rein en wit.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 2 April 1942