Dankie
Dankie vir die mooi gedagtes
Wat ek in my hart kan stoor
Wat ek in alleenwees nagtes
Uit herinnering kan toor.
Dankie vir die jare samesyn
Wat jy was aan my geleen
Wat kan ek nou sê in samesyn
Wat kan ek nog meer verleen.
Dankie vir jou troue bede
Wat ek altyd het waardeer
Wat bewaar het al my skrede
Waar ek ook al het verkeer.
Dankie dat jy my vertrou het
Uit die liefde van jou hart
Dis wat my getrou gehou het
Al was ek ook seer getart.
Dankie vir jouself gegewe
Dat jy het aan my behoort
Vir die tye saam belewe
Dankie vir die groot ervare
Wonder oomblikke tesaam
Deur die somer, winterjare
Deur die soet en suur vernaam.