Slingergang
Die onbeholpe slingergang van die strome en riviere
soos hul deur die landskap kronkel. Lappiespatrone
van die landelike lewe. Waswit wolke wat soos wol
drywe. Doelgerig aaneenskakeling van beplande
paaie verbindings witgoud, geelvaal sand van eindelose
strande wat deur duine skyn hul eie woestyn te vorm.
En uit die bloue see die lange rye witte branders wat
uitwas op die sand. Nietige berge met bosbegroeide
hange wat so dwergsaam skadu. Geruite dorpies met
hul uitgelegde strate en vensters wat skyn in die son.