Liefdesbande
Liefd verlig my lewensweg
Beminde bloei tot liefdebloesem
Gee aan my die lewensreg
En dra my hartjie in haar boesem.
Vas gesmee deur liefdeshand –
Die liefdesband wat hartjies binde
Vasgebind die lewensband
En liefde het hul so gevinde.
Lewens aan mekaar gewy
Die soek net vreugde vir elkander
Hartjies vol geluk so bly
Sal nooit die lewe laat verander.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 23 November 1941