Onrus
Nader rol die onweerswolke,
Chaos, Lewend donderwolke,
Rollend nader donderslae,
Dowwe krake, roggel klae,
Oor die berge deur die klowe
Rol en brul dit van daarbowe.
Sissend sluimer sagte stilte,
Skielik kraak en breek die stilte,
Want herhaaldelik slaan die swaarde,
Hard en krakend op die aarde,
En dan rol en krul die slae,
Wat dan raas en knaag soos sae.
Dreunend kreun dit deur die klowe,
Teen die kranse net daarbowe,
En ‘n naklank volg elk dreuning,
Soos ‘n magtig sware steuning,
Wat die wolk soos ‘n klagte,
Uiter na die harde slagte.
Growwe druppels val dan spattend,
Op die aarde die grond benattend,
Raas die reent, die water ruisend,
Totdat al die stroompies bruisend,
Vol van waters rooi, wat spoele,
Wyl die onweer steeds nog woele.
Stroompies bruisend, donder rollend,
Weerlig blitsend, wolke bollend,
Druppels spattend, waters bruisend,
Kragte kreunend, reën ruisend,
En die na klank wat daar steune,
Uiter al die angs en kreune.
Aarslend trek die weer ter sye,
Laat die aarde nat, verblye,
Stroompies murmel bly en spartel,
Soos hul oor die klippies dartel,
Sissend suis ‘n sagte stilte,
Vol van vreug en lewe---Stilte.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 24 Ferbruarie 1940