Luime
Ek sien die luime van die see
As dit so stilweg deining gee
En sag witwas op teen die strand
En strelend uitspoel op die sand
Maar soms kan dit ook knorrig raak
En grommend teen die rotse braak
Dan skuimend in die hoogte klim
Met witskuim al hoe hoër skim
Wanneer die wind wit perde wek
En byna al die golwe strek
Dat hul so gladweg punte reik
Die borrelwaai tot skuimwas bleik
Of kan die storm kwaailik tier
Die bulte deining hoogty fier
En golwe storm op die land
En drawend breek hoog op die strand
En as die wind weer eens bedaar
Bly nog die hoë deining daar
Totdat hul ook hul krag verloor
En stilte volg die helse koor
So is die mens in sy gemoed
Gelate stil of storm woed
Of ondertone van misnoeg
En wil die wraak op ander wroeg
Maar tog bly daar in diepte stil
Die ingebore goedheidswil
Om aan 'n ander wel te wens
Die selfbeheersing van die mens.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 2 November 1988