Kronkelgange
Om elke draai, om elke kring
En weet jy wat die môre bring
Wat wag daar om die hoek vir jou
Die es wat so die rigting vou.
Hoe is die lewens kronkelbaan
Die kringe van ons loop en gaan
Wat wag daar om die verste bog
Die kinkel op jou lewens tog.
En raak die weg om buig dan soek
Of wag daar voor 'n skerp reg hoek
En raak jy byster op jou pad
Dan word jy van die draaie sat.
En weet jy wat in toekoms wag
Wat het die kontyde in sy mag
Al is die draaie kort en skerp
Wat het die voortyd ingeperk.
Die lewenspad se kronkelgang
Is swaarder as wat ons verlang
Want ons weet nooit wat wag daar ver
Om esse wat ons sig versper.
Ons snel maar voort op vae hoop
Dat ons die swaaie reg sal loop
Om eendag op die lange baan
Die kronkel gange te verstaan.
En eens te weet dat ons die weg
Met al sy kinkel draaie reg
Bewandel het tot einder kim
Ons lewens doel maar net 'n skim.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 10 Januarie 1990