Twyfel
Waarom sal jy twyfel en so om jou rondkyk.
Is Ek dan nie die Here wat nooit van jou sal wyk
Waarom bly jy stil en sê nie wat jou kwel
Want alle vertwyfeling verdwyn voor my bevel
Glo jy dan nie meer die beloftes in My woord.
Daarin vind jy troos en is dit jou rus en toevlugsoord.
Maak oop jou mond en praat met my en vra
Want daarop gee Ek ag en luister met gena.
Spreek met My en sal Myself jou openbaar
Deur gees en spreke uit My Woorde te verklaar
En as jy stil word in jou gemoed en gees.
Sal My gees daar by jou in jou stilwording ook wees.
Soek en jy sal vinde is daar in My Woord geboek
En bid in waarheid om My aangesig te soek.
En lees My woord ook deeglik met mening elke dag.
Aan jou vertoon ek dan myself My Gees en ook My krag.
Ek gee jou ook die moed en sterkte wat jy dan verlang.
En open dan vir jou die hemelskatte gang.
Die weg is oop om na My in te gaan.
En My woord is oop en maklik te verstaan.
Maak jou gees dan vry ontvanklik dan te wees
En jy dan jou weg mag wandel sonder vrees.
Word positief en kyk nie rond maar bo
En span jou gees ook in om ernstig te glo.