Spore
Ek loop 'n spoor wat ek verken
Die spoor van Een wie het oorwen
Die lewe, dood en toekomstyd,
Die spoor lei na die ewigheid,
Die ewigtyd van Gods bestaan
Die spoor Sy Seun vir ons gebaan.
Ek volg 'n spoor so diep getrap
So doelgerig daar aangestap;
Spreek van 'n las so swaar gedra:
Die kruis op pad na Golgota,
En heel die wêreld sondelas,
Die spoor wat ek my voet in pas.
Ek trap in spore van die tyd
Verlede, hede tyd verspreid.
Die voorbeeld daar vir my gestel,
Verlossing van die dodehel.
Dit is die spoor wat ek moet gaan
Die weg so lankgelee gebaan.
Ek sien die spoor wat verder lei
Van geesverryking ook vir my
Wat dui op heiligmakings weg
Die Godspoor ek moet volg so reg
Sal nooit die saligheid verloor
Want ek loop in die hemelspoor.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 3 Maart 1987