Terugkeer
Waar die duiselig hoogtes van loodregte kranse;
Onbereikbare hoogtes van eeu - oue skanse
Van onklimbare steiltes van die ewige berge,
Met reusagtige grootsheid die vlaktes wil terge.
Waar die arende swaai in hul swierige swewe
Bo die rotsig afgrond waar geen enkeling lewe;
Waar die watertjies val in die diep donker klowe,
Met die rotsig gevaartes van kranse daarbowe.
Waar die mistigheid hang in die vroegmore -ure ----
Waar daar eensaamheid heers langs die hoë bergmure:
Het 'n siel hom ontbloot om tot God t'rug te kere,
En gevind het hy daar, sy Heiland en Here.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 19 Mei 1940