Duisternis
Wanneer die son nie meer wil skyn
En jy voel dan so nietig klein
Kyk dan net op na hemelblou
En weet die Heer sterf ook vir jou
En sal jou nooit alleen laat loop
Want Hy’t jou met Sy bloed gekoop.
Rig jou geloof gerus op Hom
En Hy sal met vertroosting kom.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 19 Desember 1987