Uurglas
Tel die dae wat daar voorlê
want soos skadu’s vlieg hul heen.
wat verlang jy, en - wat te hê
en wat te doen het jy gemeen.
Let op elke dag en uur,
want Gods uurwerk tel hul af
met elke minuut en elke uur,
gaan hul in die niet in af.
Tel die dae wat jy lewe
wat verby is, wat nog kom.
Dink aan heel jou lewensstrewe
en sien wat het jy opgesom.
Is dit gunstig of debiet
Het jy dae weggebêre
of is hul verby, tot niet
Of getel vir God die Here.
Tel jou dae van die sonskyn
maar verwerp die van die onweer
en gedenk die beste van samesyn
maar vergeet die suur en seer
tel die dae wat jy erwe.
En versterk jou hemelstrewe.
Want dis so wat jy verwerwe
God se heil en ewig lewe.