Die geeste van gister
Went jy jou skrede op die ou oue weg
Waar die Meester ook eens het beweeg;
Waar die skares vergaar het om Hom aan te hoor,
Wyl Hy hul het geleer en besiel?
Voel jy dit ook aan in jou siel
Dat die Geeste van Gister jou wenk en jou roer?
Wandel jy stadig met vaste voorneem
Om geen titteltjie gees te vervreem,
Van dit alles wat jy daar kan kry?
Hoor jy in jou gees dan die woorde ook aan
En voel jy 'n aanraking aan,
As die Geeste van Gister gaan by jou verby?
Wandel jy steeds in die spore van tyd,
En verklaar jy jou dan bereid
Om die een wie gelei het te volg tot die end?
Wees verseker dat jy nie alleen is wie soek,
Want daar's vele wie luister die Woord in die boek,
En die Geeste van Gister bly soet tot die end!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 17 September 1980