Die soom van sy kleed
Al is haar naam nog onbekend
Deur bykans twee millennia,
Omdat sy haar tot Jesus wend,
Word sy nog steeds in eer gedra.
Twaalf lange jare moes sy ly –
Onrein van liggaam volgens wet,
So deur die vloed in haar gedy
Haar aanraking kon ander smet.
Haar geld gedaan, was uitgegee
Aan dokters wat nie kon genees,
En al wat oorbly : wanhoopsskree –
Die wroeging en die siektevrees.
Toe hoor sy van die Groot Profeet
Wie waar Hy gaan elkeen genees;
Net deur 'n woord of kyk gemeet,
En reinig die onreine gees.
Weer her die hoop in haar ontwaak
Om tog net naby Hom te kom;
Al kan sy net Sy kleed aanraak –
Vir haar kan dalk genesing kom.
Toe het iets wonderliks gebeur
Want Hy gaan staan en kyk toe om,
En vra wie het Hom aangesteur,
Want krag het uitgegaan van Hom.
En sy was van haar kwaal verlos,
Met dwing het sy Hom vertel.
En Hy wie wis wat dit haar kos;
Sê: Gaan in vrede en wees wel!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 21 April 1982