Die trimgimfees
Daar by die trimgimfees
Die opmars was reeds klaar
Die samesyn en gees
Was wonderlik sowaar
Maar ons moes huis toe keer
Ons na die bus gehaas
Was byna vasparkeer
Maar tog op pad op laas
Die bus was vol gepak
Van senior burger stand
Dit het gaan staan so vlak
Teen steil Witwatersrand
Dit wou nie verder gaan
Daar teen die steilte uit
'n Klomp moes voetslaan gaan
So uit die bus gesmyt
Ou Hansie het bly sit
En was toe uitgejou
Toe een ou tannie vit
Haar sitplek self behou
Toe't bussie aangekreun
Tot oor die ergste swaar
En ons kon weer ons leun
Inneem, en verder vaar
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 2 September 1988