God het vlees geword
God het vlees geword, en onder mens gewoon,
Voor Sy dood geslaan, gesmaad, gehoon;
Aan 'n kruis van goferhout gesterf,
Sodat ek en jy die ewigheid mag erf.
God het mens geword, en tussen mens gewees.
Hy was mens maar ook waaragtig Gees.
Hy was sonder huis en sonder haard,
Swerwend het Hy rondgewandel hier op aard.
God het hier gesterf net soos die mens die dood
Te volbring die redding uit ons nood.
Deur Sy strieme is ons ook genees,
Deur Sy bloed gestort, geërf die ewig wees.
God het vlees geword – vanuit die hemel neer
Om die ewigheid se gees te weer,
Uit die dood met krag het Hy verrys
Ons die ewig weg na heerlikheid te wys.
God het vlees geword, Hy was die Hemelheer –
Groot Sy offer – bring Hom dank en eer.
Neem Hom aan, Hy is die Middelaar.
Hy's die ewig woord, vir altyd trou en waar.
God het vlees geword, en ons as mens gestuur
Te versprei – die aangemane uur
God te soek vir redding van die mens
Want dis nou die allergrootste werk en wens.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 05 Desember 1982