Hoe lank nog?
Hoe lank moet ek wag jou my liefde te wy
En by jou vervulling van hartstog te kry
Ek is nie tevrede net krummels te lek
Wat diep in my wese emosies opwek
Wat ek nie besef het tog moontlik kan wees
Versugting ook vel in jou oë te lees.
Hoe lank lê die toekoms vir ons dan nog voor
Alvorens ons heel aan mekaar mag behoor
My hart is nou joune en joune alleen
My lewe se toekoms aan jou uitgeleen
Al is ek gebonde, my liefde is vry
Want jy is die een wat ek min, ja net jy.
Hoe lank voor die tye ons kan toelag
Hoe lank dan die saamwees wat nog op ons wag
Ek is so gelukkig jy kies dan vir my
Daar is soveel ander jou keuse is vry
Vir jou bly ek dankbaar met eer en respek
En skenk jou my liefde, my hart te betrek.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 10 Oktober 1988