Hy leef!
Toe ek eens in die Grotgraf staan
Met groot verwagting aangedaan
Dat ek 'n heiligheid ervaar,
Het ek 'n bar gevoel gewaar
En was ek diep teleurgestel -
Dit in gebed aan God vertel.
Toe kom 'n stem hier in my sê
''Gaan uit, Ek het eens hier gelê,
Maar uit die dode opgestaan
En uit die kerker uitgegaan -
Daar buite leef Ek, daar sal jy
M vind, en ju aan My toewy.''
'n Blydskap het my siel omgeeg
Toe ek die tyding kry Hy leef!
Daar deur Sy dood vir my verwerf
Die lewe uit Sy lewe erf.
En in die graftuin het ek weer
Gebid en daar my Heer vereer.
Met wyn en brood Sy dood herdenk
Te weet dat Hy die lewe skenk,
Want in my hart sal Hy voortaan
Vir ewig bly en my verstaan.
Want Hy leef immer, Hemelheer,
Vanuit die dode t'reggekeer.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 14 September 1986