Hy sal jou lei
Gee jy jouself geheel aan God,
en bly jy trou aan Sy gebod,
en ken jy dan die waarheid trou,
dan vul Hy met Sy Gees ook jou.
Hy rus jou toe met wonder krag
en lei jou op jou weg aldag.
En as jy dan gewillig is,
gebruik Hy jou met krag gewis.
Al gaan jy deur die dor woestyn,
sal Hy in jou oorwin en rein
sal jy ook uit die stryd kan tree,
met blydskap en met vreug en vree.
En neem jy dan jou roeping aan
om in die krak van God te gaan,
en elke dag die stryd te stry.
Die satansmag oorwin en bly
en trou jou God met vreug te eer
omdat jy weet Hy sien op jou neer.
En kroon jy Hom as God die Heer,
die Saligmaker, skepper, Heer
van heel jou lewe, siel en hart,
dan neem Hy weg elk smet en smart,
dan word jy deur Hom toegerus
om te oorwin met sielerus.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 20 April 1980