Ken jy die Here?
Ken jy die Here, die lewende God?
Hy’s die Heilige Een, en die enigste God!
Hy’s ook Skepper, Vormeerder van al om ons heen,
Hy ken ons in diepte en tot in die been!
Ja dis Hy wie regeer, oor die hemel en aard.
Gee die lewe , maar sonde verteer met die swaard!
Ken jy die Here, die Seun wie moes sterf?
Om ons te kom red van die ewig verderf.
Wie ons sondes gedra het op Golgotas kruis,
En gebaan het die weg na ons Hemelse huis.
Wie se wonde vir ons die genesing bewerk
En verlos van die bande wat bind, ook Sy kerk.
Ken jy die Here, die Heilige Gees?
Wie so sag en so teer ons lei in ons wees.
En wie spreek deur Gods kinders in Engele taal,
En berei heel die weg, voor die Seun ons kom haal.
Dis die trooster so soet, wanneer ons smarte het,
En wie heiligheid bring in die troue gebed.
Ken jy die Heer, die drie-enige God?
Wie gebring het die tafels van ewig gebod?
Eers die Vader, dan die Seun, en die Heilige Gees,
Die drie-eenheid so heilig en groots in hul wees.
Dis die God van ons vaad’re na wie ons opsien.
Dis die enigste God, wie ons nou ook wil dien!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 6 Februarie 1980