Kruis die kruispad
Kom jy eens by 'n kruispad staan,
en wonder watter weg te gaan.
Dan kyk jy vir 'n wyser daar
wat jou kan sê, van elke aar
waarheen dit gaan, en ook hoe ver
die weg nog vorentoe sal lê.
En as jy op die wyser lees
en vas besluit neem in jou gees,
dat jy na links of regs sal draai,
of reguit verder weg, te raai,
of watter een is reg of sleg?
Die kruispad op jou lewensweg!
En is die een wat regs gaan reg?
Of die een na links die weg?
Of moet jy reguit oor die kruis?
Staan jy jouself daar te verguis!
En soos die kruispad, so die hout
van Jesus dood, dis jou behoud!
Kies jy dan die reguit en nou pad,
wyk nie na links of regs of wat!
Want dis die pad van die verderf,
Terwyl jy saligheid kan erf
daar op die reguit en nou weg,
want dis nie regs of links, maar reg!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 30 September 1979