Kyk... en... Weet!
As jy my hartsdeur wyd oopmaak
Om in die dieptes in te kyk
Dan sien jy … liefde so genaak
Ervaar jy hoe ek sterk uitreik.
Of loer jy by die venster in
Dan sien jy ook die son se straal
Wat helder lig my hart se min
Jou aanskyn en my wens bepaal.
Of luister jy my hart se klop
Die polsslag wat so duidelik tik
Jy hoor die sugting wat hardop
Ontsnap en uit die diepte ruk.
En voel jy aan die liefde straal
Die aura wat my siel omring
Die warmte wat my lewe haal
Die minne wat my wese sing.
En weet jy seker dis vir jou
My hartstog wat so hoog uitkring
Maar net vir jou is dit behou
My sielsverrukking jou te bring.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 14 September 1989