Ook vir my!
Ek wil need’rig wees soos Hy,
in die lewe hier benee.
In Sy voetspoor wil ek volg –
wandel op die regte wee.
Uit die hemel moes Hy kom
om die dood op aard te sterf,
en so deur Sy offerbloed
my versoening te verwerf.
In die tuin Getsémané,
Hy die bitter kelk moes leeg –
vol van al die gruwelsond’
deur die mensdom ooit gepleeg.
Pers Hom uit die sweet soos bloed –
So het Hy die stryd volstry.
Hy oorwin! "U wil geskied!"
Tog moes Hy die kruisdood ly.
"Vergeef, Vader – neem my gees!"
Aan die hoogste eis voldaan:
Met Sy bloed ons losgekoop
Uit die dood weer opgestaan.
Na die hemel t’ruggegaan –
daar verhef is en vereer:
waar Hy stel hom aan regtersy
as die Grote Hemelheer.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 15 Mei 1973