Sing kanarie
Sing kanarie, sing jou liedjie,
Jy’s so klein en o so bietjie,
Tog’s jou deuntjie skoon en helder
Lank jou asem, trillend selde.
Sing dit uit met suiwer note
En verheerlik God die Grote
Met jou deuntjie van bekoring,
Wat jy offer sonder storing.
Sing kanarie, sing so heerlik
Van jou Skepper, sing begeerlik.
Maak jou Here groot met jou sange.
Sing jou liedjie van verlange.
Sing dit uit in vroeë môre
En bekoor elkeen wat hore,
Want jou liedjie is so suiwer
As die note luglangs huiwer.
Sing kanarie, sing vir mense
Van jou blydskap en van wense
Wat daar in jou liedjie blye,
En wat opbruis alle tye.
Sing dit uit ook in die awend,
Dis so strelend en so lawend
Vie die gees, want dis die ere
Wat elk siel wil sing die Here.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 28 Oktober 1980