Verkondig jou God!
Gaan verkondig die Here en sy handewerk,
met Sy skeppende almag en Sy reddingsplan,
en hoe groot is Sy liefdegena onbeperk!
om tot Hom te laat keer elke vrou elke man:
tot die nietige mens buig Hom tegemoet,
om 'n ieder wie wil te verhef op to Hom.
Want die Seun moes gesterf het, en so met Sy bloed,
die versoening verwerk vir die ganse mensdom!
Gaan vertoon aan die Heer uitgebeeld in jou wees;
laat die mens jou lees 'n geopende boek,
en jou spieëlbeeld moet uit die Here verrees,
net so helder en skerp soos 'n beeld op 'n doek.
Laat jou handel en wandel so duidelik spreek,
van die Godsbeeld wat jy met jou woorde verklaar;
want jou siel is die spieël waarin elkeen jou meet
en die venster waaruit hul jou egtheid gewaar.
Gaan verkondig jou God; jy moet glo wat jy sê,
dat jy niemand teleurstel in wat jy ook doen,
want geloof in jou skepper is rente belê
dis die geur wat jy spy om die mens te versoen.
Jou geloof in jou Redder moet vastigheid toon
om die siel van die sondaar te trek en te raak
tot bekeringsoorgawe. Dit is dan jou loon
wat jou toekom en wat jy hiernamaals sal smaak.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 20 Mei 1980