Wrok van Eeue
Somber en stil is dit hier in die klowe;
Broeiend onheil wat kom om te rowe;
Wekkende onrus wat groei en laat bewe;
Skuilend gevaar wek 'n angs in wat lewe;
Doodsheid en kilheid kruip nader en nader;
Stilte en onheil en onrus vergader;
Donker en dreigend oor velde vol lewe;
Vreugde verdwyn voor die vyand se strewe.
En met die eb van die duistere kragte;
Vrugtloos verspil deur ontsettende magte;
Trek die ou vyand weer t'rug op sy loere;
Om met die veld weer blydskap sal roere;
Oeroue wraak in sy hart sal laat lewe;
Blydskap en vreug te verdruk tot hul bewe;
Want die oorwinning is nooit te verkrye ---
Daarom die wrok van die ewige tye.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 29 Februarie 1940